Wie is ons?

Mosterts hoek

Mosterts hoek

Ons is ‘n gereformeerde kerk, deel van die NG Kerk-familie in Suid-Afrika.  Ons gemeente, die NG Kerk Wolseley, bestaan reeds sedert 1938.  Die gemeente het dus ook die groot aardbewing oorleef in 1969.  Ongelukkig het die siersteen kerkgebou toe in die slag gebly en kon, soos die pastorie, nie herstel word nie.  Daarom spog ons met ‘n nuwe kerk gebou wat ‘n paar jaar later voltooi is.

Gelukkig is hierdie gemeente nie net ‘n klomp geboue nie, maar bestaan die “eintlike” gemeente uit lidmate wat as gestuurdes in ons gemeenskap en wêreld wil leef.  Gestuurheid – om God se hande en voete te wees, is dus die fokus van ons bediening.

Die gemeente Wolseley bestaan ook uit mense wat woonagtig is in die volgende areas:  Breërivier, Romansrivier, Kluitjieskraal, Boontjiesrivier, Waverley, Verrekyker, Eilande en selfs ook in Tulbagh.

Mosterts hoek sneeu

Mosterts hoek sneeu

Die gemeente het ‘n landelike atmosfeer en die landbou speel ‘n groot rol in ons gemeenskap.