Die 55ste verjaardag

Met die gemeente se  55 verjaarsdag, word ‘n Olyfboomplantdag gehou.

‘n Boom vir elke leraar word geplant. Dii TS Smit, A Strydom, P Badenhorst, A Crous en ook ons eerste leraar, ds JH Roos plant elkeen ‘n boom. Mnr Dawie Conradie (De Liefde) plant namens ds C Meyers ‘n boom, mnr Giepie Slabber namens ds JS Loots en mnr Hennie Mostert namens ds IC Schutte.   Dit was ook die laaste geleentheid wat ons die voorreg gehad het om Ds Roos hier by ons gemeente te kon ontvang.  Die bome wat geplant is, was plantmateriaal vanaf die Olyfberg, Israel en geskenk deur mnr Prop Lategan.  Die bome staan nog steeds op die parkeerterrein.

55groep 552