
Ds André Strydom van Vredenburg is 13 Junie 1965 – 10 Junie 1973 leraar waarna hy na Durbanville beroep word.
Uitstaande gebeurtenisse tydens Ds Strydom se dienstermyn:
- Die gemeente groei in getalle en finansieel.
- Op 29 September 1969 tref die aardbewing die dorp en omgewing. Die kerk, kerksaal en pastorie is ernstig beskadig en die kerk en pastorie moet gesloop word.
- Ds Strydom en gesin gaan tydelik tuis op Hoogwater.
- Oggenddienste word in die buitelug by die skool gehou. Elke kerkganger bring sy eie stoel. Later is die dienste in die kerksaal gehou. Saans met sononder is ‘n boodskap tussen die tente op die plein gebring.
- Die tweede pastorie word @ R35 479,07 deur Mnr C J Brand gebou en is vanaf 30 April 1971 bewoon.
- Die tweede kerkgebou word gebou @ R147 650 deur J D J Brand (Edms) Bpk en R142 692,43 was alreeds beskikbaar.
- Die ou pyporrel was nie geskik vir die nuwe gebou nie.
Hoogtepunte tydens Ds Meyers se dienstermyn:
- Die tweede kerkgebou word voltooi en plegtig ingewy naweek van 27/28 Julie 1974.
- Die nuwe orrel @R24 754.00 gebou deur Fehre en Kie (Edms), word Sondag, 17 Augustus 1975 ingewy. Die vervangings-waarde in 2013 word gestel op R3m. Vir die eerste keer na die aardbewing het die gemeente weer oor al sy fasiliteite beskik.
- Die vrouediensaksie word in die gemeente gestig en duur tot 2012 toe die funksies ondervang is deur ‘n nuwe bedieningsstruktuur.
- ‘n Medeleraar, Prop P J Conradie word beroep.