Bedieningsareas

Ons glo dat enige lidmaat ‘n bediening het/ kan hê.  God se werk word nie net deur kommissies gedoen nie, maar deur lidmate wat deur die Here gestuur word vir ‘n bediening. Ons is ingerig om ‘n veelvoud van bedieninge te kan behartig. ‘n Aantal bedienings-gebiede is identifiseer met ‘n leier wat verantwoordelikheid neem. So is ons gereed om enige lidmaat wat geroep word tot aksie, te ondersteun om dit ten uitvoer te bring.


Gasvryheidsbediening

koppieHettie Smal is die kontakpersoon vir tee en verversings, blombeurte, gemeente ete, sop by geleentheid en aanverwante aksies. Kontak haar by 084 206 5135, e-pos haar of skakel met die kerkkantoor.

 


Armoede en Sorg bedieningimage11131ivad6hi7Armoede

Joyce van der Merwe staan gereed om te ondersteun rondom kospakkies, kinderklere vir behoeftiges, kersgeskenkies, ens. Skakel haar by 023 231 0265 of die kerkkantoor.


Bejaardes ondersteuning

image316Monica Vermeulen en haar span fokus op spele, lesings en vervoer rakende bejaardes. Sy kan bereik word by 023 231 0814, per e-pos of via kerkkantoor.

 


Uitreike en Gemeenteversorginguitreik

U kan Danie en Helena Smuts kontak per e-pos of by 0845136929 indien u wil help met reelings rondom omgee vir sendelinge en eie personeel, sangbediening en/of klankbediening.


Kleingroep bediening

kleingroepIndien u wil help met die kleingroepbediening of self wil inskakel kan u met Annatjie Smit by 023 231 0366 skakel of die kerkkantoor.

 


Toerusting en skolingskole

Hierdie bediening fokus op die toerus en skool van ons gemeente deur die reel van sprekers, gemeente kamp, sosiale geleenthede met sprekers, ens. Skakel met Dirk Louw by e-pos haar of as u geroepe voel of skakel die kerkkantoor.


Fondse

image11171Enige person wat die roeping kry om ‘n aksie te loods om fondse te werf, kan skakel met Dirk Louw wat sal ondersteun. Dit geld van 4×4 dag tot kaskar-resies en spoorlyn trap. U kan met hom in verbinding tree deur e-pos of skakel die kerkkantoor.

 


Kommunikasiekommunikasie

Marisa J van Rensburg koordineer die kommunikasie van ons gemeente en sal u ondersteuning waardeer. Of dit SMS bediening is of webblad opdatering of blog werk of die kerkblaadjie—maak kontak by 082 531 3005 of stuur ‘n e-pos hierso.


Oop vir enige vrywilligers

vrywilligersSkakel met Dirk Louw by 083 675 0118 indien u wil betrokke raak by enige van bostaande bedieninge of selfs kan voorstel vir ‘n addisionele bediening. U is welkom om selfs te e-pos.