Ds Tolla van der Merwe

Prop Christiaan C van der Merwe (Tolla) word vanaf Januarie 1999 aangestel as bedieningshulp.   Hy sal altyd onthou word as die dominee wat met die fiets tydens ‘n erediens ingery het. Natuurlik ‘n verlengstuk van sy preek. Saam met Ds Crous vorm hul ‘n “gedugte” span.  Hulle ondersteun mekaar nie net as kollegas nie, maar ook op persoonlike vlak. Gedurende sy dienstermyn trou hy met Heidi Joubert en kort voor hul vertrek na Rouxville gemeente, word klein Christiaan gebore.  Die eerste pastorie baba sedert Dii Meyers en Conradie.  Hulle word gedurende die naweek van 19 en 20 Januarie 2002 in Rouxville bevestig. Met sy vertrek skenk hy ‘n doringboom wat vandag nog in die kerktuin groei.