Ons gemeente kom op Sondagoggende saam om lof en eer te bring aan die God wat ons aanbid. Hierdie diens begin om 09h30. Indien jy eerder die diens op televisie wil volg, kan jy die gebeeldsende diens volg by ons plaaslike Huis vir Bejaardes, Huis Mostertshoek.
Die karakter van die erediens is informeel waar oud en jonk geakkommodeer wil word. Ons sing graag. Ons is ‘n gemeente waar ons lidmate verskeie spiritualiteite het. Daarom probeer ons juis om inklusief te wees en mekaar in staat te stel om die Here te dien. Ons daag mekaar ook gereeld uit met die vraag: Na wie toe stuur die Here jou hierdie week? Daarmee bely ons dat, hoewel eredienste vir ons belangrik is, dit nog belangriker is wat in die tyd tussen ons eredienste gebeur.
Ds. Wouter van Velden, hy is ‘n gebore Vrystater, het op Stellenbosch studeer en eers ‘n draai in die Weskus gemaak voor hy en sy gesin aan die begin van 2010 hier by ons kom bly het.