Wolseley NG Kerk

Welkom by ons gemeente in Wolseley, Westelike Provinsie, Suid Afrika. Die NG Kerk van Wolseley is ‘n gestuurde gemeente wat glo dat ons die Drie-enige God se leivore is waardeur die Lewende Water oor skeidings heen vloei tot lewe en groei.

As jy by ons wil kom kuier moet jy so een en ‘n half uur ry vanaf Kaapstad. . Die R46 hoofroete loop deur ons dorp met Worcester aan die suide kant en Tulbagh noord van ons. Ons lê aan die voet van die berg Mostertshoek wat gereeld spog met sneeu in die winter en as jy deur die Mitchell’s pas ry, vind jy die bekende dorp, Ceres, aan die ooste-kant.

Jy sal ons kerkgebou en kerkkantoor vind in Voortrekkerweg – kyk uit vir die toring en die grasperk voor die kerk.