Gemeente word 60

Die naweek van 20 – 22 November 1998 vier ons gemeente haar 60 jarige bestaan.

Vrydagaand hou ons konsert, waartydens oor die 50 lidmate deelneem.  Eers word Sprokies Mosaiek aangebied deur die ouers en personeel van die Hoërskool Wolseley en later ‘n eenbedryf, “Johannes o, Johanna”.

Die Saterdag neem die vorm van ‘n Kermis by die Hoërskool Wolseley se gronde aan.  ‘n Troeteldierskou, Fietserjasies, boeresport en stalletjies.

Sondag word nagmaal deur Ds Smit gehou en die heel eerste hoeksteen wat op 29 April 1898 gelê is, word deur Ds Strydom by die ander hoekstene aan die voorkant van die kerkgebou, onthul.  Hierdie steen het vir baie jare “gelê en wag” vir so ‘n geleentheid – ‘n bietjie meer as 100 jaar, vind dit finaal sy plek.  Groot dank aan mev Mimmie van Wyk wat die steen deur al die jare bewaar het.

60 groep2